UNIEK!! EN ENIG VAN SY SOORT
Die Elgro River Lodge bied weer die 100 x 3D maraton aan van 7 – 9 Oktober 2016. Hierdie unike geleentheid vir tradisionele boogskiet word hierdie jaar vir die vierde keer aangebied, en verseker enig van sy soort in die wêreld.
Hierdie naweek, vol groot uitdagings en baie pret, val saam met Aardklop wat die ideale geleentheid is om dit ‘n familienaweek te maak, want Aardklop bied iets vir almal, terwyl die marathon boogskieters die uitdaging trotseer.
Ons verwag huidelik omtrent 60 deelnemers wat verseker dat dit ‘n naweek vol boogstories en pret om die kampvuur sal wees.
Vir die skuts wat van ‘n ekstreme uitdaging hou – beloof die Elgro River Lodge 3D Maraton om ‘n strawwer te wees as ooit.
Die formaat van die geleentheid is as volg:
Vrydag 15h00: 25 Teikens
Saterdag 06h00 – 18h00: 100 teikens (Voorwaar ‘n prestasie om te voltooi!)
Onthou- as jy dit nie voltooi nie kry jy net ‘n halwe sertifikaat.
Sondag 07h00: 25 Teikens – vir die wat kans sien om dit aan te pak.
Vir die skuts wat kwalifiseer (m.a.w. -150 teikens voltooi) is daar ‘n medalje en ‘n verassings geskenkpak!!
Na die kompetisie om Sondag hou ons ‘n kort kerkdiens waarna die prysuitdeling sal plaasvind.
Die Elgro River Lodge verseker jou van ‘n besonderse kompetisie! – die ideale geleentheid om die koms van die somer te vier.
Die inskrywingsfooi is as volg:
R550.00 wat insluit
- Inskrywingsgeld
- Vrydag en Saterdagaand se bykosse (Bring jou eie vleis) Kontantkroeg is beskikbaar
- “Goody bag” vol verassings
Die Akkommodasie:
- Chalets
- Kamers
- Kampeer
- Die huur van ‘n huis
Navrae: Wilna Hill – 018 297 5411 elgrolodge@iafrica.com
Claudine Kidson: elgro@iafrica.com
Like ook gerus ons Facebook groep en bly op hoogte: Elgro River Lodge
Geen dagbesoeker-deelnemers word toegelaat vir die marathon nie, om die gerief en veiligheid van deelnemers te verseker en almal die geleentheid te gee om ‘n wenner te wees .
Die geleentheid vir 3D tradisionele boogskiet entoesiaste is min en die geleentheid om dit deel te maak van ‘n familie samekoms is bepaald uniek.
Die kostes is so prysvriendelik as moointlik gehou sodat ons die sportsoort kan ondersteun en die voorbestaan en vooruitgang kan verseker.
Kry maar die pyle uit en begin oefen – die Elgro River Lodge wag vir jou – vir ‘n onvergeetlike naweek!!