100 x 3D Traditional Archery Marathon 2016

1 Comment

UNIEK!! EN ENIG VAN SY SOORT

Die Elgro River Lodge bied weer die 100 x 3D maraton aan van 7 – 9 Oktober 2016.  Hierdie unike geleentheid vir tradisionele boogskiet word hierdie jaar vir die vierde keer aangebied, en verseker enig van sy soort in die wêreld.

100X3D Archery Festival 2016.jpg

Hierdie naweek, vol groot uitdagings en baie pret, val saam met Aardklop wat die ideale geleentheid is om dit ‘n familienaweek te maak, want Aardklop bied iets vir almal, terwyl die marathon boogskieters die uitdaging trotseer.

Ons verwag huidelik omtrent 60 deelnemers wat verseker dat dit ‘n naweek vol boogstories en pret om die kampvuur sal wees.

Vir die skuts wat van ‘n ekstreme uitdaging hou – beloof die Elgro River Lodge 3D Maraton  om ‘n strawwer te wees as ooit.

Die formaat van die geleentheid is as volg:

Vrydag 15h00:  25 Teikens

Saterdag 06h00 – 18h00:  100 teikens (Voorwaar ‘n prestasie om te voltooi!)

Onthou- as jy dit nie voltooi nie kry jy net ‘n halwe sertifikaat.

Sondag 07h00:  25 Teikens  – vir die wat kans sien om dit aan te pak.

Vir die skuts wat kwalifiseer (m.a.w. -150 teikens voltooi) is daar ‘n medalje en ‘n verassings geskenkpak!!

Na die kompetisie om Sondag hou ons ‘n kort kerkdiens waarna die prysuitdeling sal plaasvind.

Die Elgro River Lodge verseker jou van ‘n besonderse kompetisie! – die ideale geleentheid om die koms van die somer te vier.

Die inskrywingsfooi is as volg:

R550.00 wat insluit

  • Inskrywingsgeld
  • Vrydag en Saterdagaand se bykosse (Bring jou eie vleis) Kontantkroeg is beskikbaar
  • “Goody bag” vol verassings

Die Akkommodasie:

  • Chalets
  • Kamers
  • Kampeer
  • Die huur van ‘n huis

Navrae:  Wilna Hill – 018 297 5411 elgrolodge@iafrica.com

Claudine Kidson: elgro@iafrica.com

Like ook gerus ons Facebook groep en bly op hoogte: Elgro River Lodge

Geen dagbesoeker-deelnemers word toegelaat vir die marathon nie, om die gerief en veiligheid van deelnemers te verseker en almal die geleentheid te gee om ‘n wenner te wees .

Die geleentheid vir 3D tradisionele boogskiet entoesiaste is min en die geleentheid om dit deel te maak van ‘n familie samekoms is bepaald uniek.

Die kostes is so prysvriendelik as moointlik gehou sodat ons die sportsoort kan ondersteun en die voorbestaan en vooruitgang kan verseker.

Kry maar die pyle uit en begin oefen – die Elgro River Lodge wag vir jou – vir ‘n onvergeetlike naweek!!

Elgro Traditional Archers Calender 2013

Leave a comment

Check out the 2013 Calender for the Elgro Traditional Archers Club. If you want to become a member join today. What a great way to relax every second Saturday of the month.

http://www.elgrotraditionalarchers.co.za/calendar.html

Image

Pylbou Kursus 9 June 2012

Leave a comment

Lede/Nie lede moet bespreek vir die Spitbraai/Pylbou Kursus voor Woensdag 6 Junie 12 uur. Indien jy NIE BESPREEK nie kan jy nie die geleentheid bywoon nie. Groete

North West 3D Archery – 14 April 2012

Leave a comment

Click on the image to download / save the advertisement. You can register by sending an email to elgrolodge@iafrica.com